Sunday, January 11, 2009

Somers...














'n Heerlike somersdag Saterdag in Kalkbaai... ons explore... ek gaan loer in by Beatnik Bazaar, die cute'ste plekkie, met die amazing'ste kuns van kunstenaars in en om Kaapstad.
Die ArtVark gallery winkel het 'n vriendin van ons, Lizette Liebenberg se figuursketse ... lieflike kuns!!
Die KalkBay Modern het 'n tekstiel uitstalling... wat insluit Bokkie skoene - so amazingly gemaklik en verfrissend Suid Afrikaans! en klere/tekstiele ontwerp deur Sway... beautiful!!
Die son is skerp en die kleure oral om ons is intens... van die blou lug... die berge... die winkeltjies elk in hul eie unieke bloue, gele (die kwekery) , pienke... witte (Cape to Cuba) tot die see getooi in 'n donker blou vol wit seeperdjies... en strande kleurryk versier met baaiers... heerlik somers... vry...

No comments: