Wednesday, January 21, 2009

Woordkunstenaar verjaar!

Hierdie absolute passievolle omganger met die woord het gister 75 jaar oud geword!!

Woorde deur Hennie Aucamp:
'n Windharp teen die tyd
"God skenk ons liedjies in die nag"
-dit staan in Job en die Psalms-
want dan eers raak sy we^reld stil,
gesuiwer van ons walms.

Dan eers raak die denne hoorbaar
met winde van die uur:
dan eers raak die sterre leesbaar
met silwer binnevuur.

Stokou denne langs my huis
sing naglank monoloe,
praat groot en hees en digterlik
en stem jou ingetoe

Dan eers kan ek jou onthou
soos jy eenmaal was vir my:
en sing ek met my bome saam
en stel my liefde vry.

Glinsterpunte van die sterre
in dieptes van oneindigheid
reik uit en vang ons liedjies op:
'n windharp teen die tyd

No comments: