Sunday, June 21, 2009

Lekkertes van onlangs...







Die boek "Girl with a dragon tattoo" was 'n 'kannie-neersit' boek!! Voel naderhand nie meer asof jy lees nie... maar asof die storie voor jou afspeel...

Maak weer 'n slag pienk feetjie-koekies... soos die wat ek 'n ruk terug gemaak het vir Ilse se ooievaarspartytjie... hierdie keer is daar nie 'n rede... behalwe dat ek melancholies voel... lus om my tyd te neem en ietsie moois te skep...

Ons spandeer 'n lang naweek in Hermanus... in 'n plek met 'n lieflike uitsig! ... ons vier 'n verjaardag daar... kuier lekker saammet familie... ontdek allerhande kuns... en die belangrikste ... ons rus...!

Ons ry in 'n Kaapse reentjie een Saterdagoggend deur Stad toe en gaan beleef die Cape Town Bookfair 2009... 'n gedruis van mense met 'n passie vir boeke... oral net boeke... boeke... boeke... ek geniet een van my gunsteling produkte se stalletjies... "Mu and me"!!! ... Koop ook joernale met die lieflikste buiteblaaie van ... www.ecojot.com (gemaak in Kanada deur eks-Suid Afrikaners) en 2 'Notebook' boeke van Cavallini&Co...

Ons koop 'n stick blender.... en het al twee keer heerlike 'butternut' sop gemaak (dankie Cecilia vir die lekker resep!!) ... en mmmhhh.... marie beskuitjies fyn gekap daarmee... en omvorm tot klapper-kondensmelk-marie koekies met 70% donker sjokolade bo-oor....

No comments: