Wednesday, June 03, 2009

Tyd vlieg!!

Hierdie dansende boom deur Melanie Ford Wilson laat my dink aan hoe die verloop van tyd 'n mens soms kan meesleur... in so 'n mate dat jou wortels begin wys en los wikkel. Matigheid is altyd 'n goeie idee... maar hoe gemaak as dit by passie kom?...

Lekkertes wat ons die afgelope tyd so laat vlieg het dat ons al dansende meegesleur is:

... Hugo is tans deel van 'n kalligrafie uitstalling in baie mediums by die ArtBGallery...

... Hugo begin sculpture klasse aanbied...

...ry al die pad Hermanus toe vir 'n Saterdagaand kuier saammet vriende... dankie Carel en Inge vir 'n fabulous kuier! Saammet Carel verwelkom ons sy ouers in die Kaap... en kuier ons heerlik met soppe, brode en poedings met name, 'Rolypoly' en Malva!... ons word die getuies van 'n huldiging van Carel se ouers deur hom... 'n experience wat ons lank met lekkerte sal bybly...

... 'n vriendin inspireer my en saam kuier ons een aand om die maak van blommetjie en hartjie broodjies met die lekkerste vulsels... 'n uiteindelike bederf vir my Leeskring...

... Hugo begin 'n mould-making klas bywoon... saammet ander 'like-minded' mense druk hy Saterdag oggende sy vingers in klei... en leer ongelooflik baie...

... my kunsklasse neem 'n interesante wending... ons word ge'challenge' om rondom die seerplekke in ons lewens te dink... tyd te spandeer om woorde te gee daaraan... en soos die dink en die woorde daar rondom gaan... so mettertyd... kry ons die sleutels tot visuele beelde ... wat uiteindelik hul le^ sal kom kry op ons canvas'se...

...Lees tans die boek, 'Girl with a dragon tattoo'... en dis 'n 'kannie-neersit'!...

Dis so saammet al die lekkertes wat mens soms tred van tyd verloor... tyd vlerke kry... en bome dans!

No comments: