Monday, August 31, 2009

My passie en ek..







Saterdagoggend... my kop is vol woorde... ek dwaal op 'ingewing se pas' deur Stellenbosch... sommer so soos die gevoelente my lei ..

..by DorpStraatGallery plesierig geglimlag met die sien van Marike Prinsloo se kleiner werkies... Clare Menck se 'ou foto' gevoel paintings... Henk Serfontein se donker aand vulstasie paintings met lig wat uit die skilderye gloei na buite.. wat jou jou oe laat knip teen die gloed en weer .. en weer .. laat kyk...

My oe lag na binne toe.. met die raaksien van 'n paar Niel Jonker werke.. net vanoggend met die ry na S'bos herinner die berge.. wat nog slaap uit die oe vee in die betrokke weer my aan Niel se werk..

Langs La'fayette ontdek ek 'n ruimte gedeel deur 5 kunstenaars, "Art on 5".. daar makeer Karen Kieviet my pas vir oomblikke op 'n slag.. haar paletmes tegniek betree my gedagtegang tot daar by Donderdagaand se kunsklas waar ek my hand die 1ste keer aan 'n paletmes waag..

My hart klop vinniger...

In Era se winkelvenster bewonder ek veelkleurige reenstewels.. langsaan lok Milieu my binne met die onthou van vorige goeie ervarings..

Die bekende pannekoek plekkie laer af in die straat het plek gemaak vir "5 on Ryneveld".. binne vind ek 'n amperse Henk Serfontein ligkol met 'n sitbank.. 'n outydse vorm tafeltjie en ver'blou geraamde vrou teen die muur.. dis net ek hier binne.. meeste mense geniet die winterson-hitte buite.. die eet area oorkant het gesegdes teen die een muur en boeke teen die ander so random vasgeplak.. op die plafon is verskillende groottes letters gescatter..

Hier rus my hart 'n oomblik.. luuks .. het ek tyd om aan my ervarings van die oggend woorde te gee..

My geliefde laat weet dat sy kunsklas effe langer neem en ek 'muse' rigting Moederkerk.. ek maak fotos van die Dylan Lewis buffels voor 'n blou kerkvenster..

Onder in die pad wink 'Nest' se afgewitte geboutjie met helderkleurige snuisterye buite my nader.. 'n opgestopte hart kussing en draad voeltjies inspireer my vir huis toe gaan en self maak..

Oppad uit hul Deli loop ek Marlene van Niekerk raak.. ek giggel binne myself.. altyd vir my interesant hoe ons 'popster' Afrikaanse skrywers so ongemerk en doodgewoon hul lewe kan leef..

Later dwaal ek en my geliefde by die Slow food market rond en dis liefde met eerste opslag toe ek by 'Red Black and White' gallery daardie proteas van Johann Slee sien.. sy werke se eenvoud.. onderbeklemtoning van kleur.. en die grootte (1,3x1,2m) .. bring 'n kolk blydskap in my mee.. wat eers veel later die aand effe tot bedaring kom..

My passie het my aan die hand geneem en aan my plesier verskaf op 'n lente oggend laat in Augustus.

1 comment:

My Kop Op 'n Blok! said...

Al is ek nie eintlik 'n stadsmens nie, is dit ook vir my lekker om te loop en droom en kyk na die dinge waarvan ek hou, sonder dat iemand my eintlik raaksien.

Stellenbosch is darem net 'n hengse ent beter plek om dit te doen as die voorstede van Johannesburg.