Tuesday, December 29, 2009

Antjie Krog se ontnugtering

Antjie Krog (foto van Versindaba webtuiste)

Kom gisteraand, tot my groot vreugde, af op die volledige teks van die toespraak wat ons Antjie Krog hoor gee het by die onlangse Versindaba in Stellenbosch...

Die opskrif van haar pleidooi: "My ontnugtering tot die poesie"...

...sy begin met die volgende:

"Ek neem die volle wapenrusting van die gedig op, sodat ek staande kan bly teen die liste van vervlakking en dwaasheid in hierdie dae van weeklagery en onheil.

Ek staan dan vas, my lendene met metrum omgord, met die borswapen van beeldspraak. En as skoene aan my voete die bereidheid van die versreel met sy grensskuiwende enjambement. Behalwe dit alles neem ek die skild van gefokuswees op waarmee ek al die vurige pyle van die te-lui-om-te-dinkers sal kan blus. Ek laat sak die helm van klank oor my kop en neem in my regterhand die swaard van die metafoor..."

2 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Antjie het hierdie woorde al in 2004 in Nederlands ook gebruik in 'n lesing In Defense of Poetry.

Loer bietjie by http://nederlands.poetry.nl/read/overige

Ek hoop jou jaar kom nou al lekker aan die gang!

Liezl said...

Dankie vir jou oplettendheid! ... baie interesant dat Antjie al die woorde gespreek het in 2004! ... ek neem aan die Versindaba het haar moontlik gevra om dit hier weer te lewer... defnitief verdien hierdie woorde om deur 'n groter gehoor, gehoor te word...