Wednesday, December 16, 2009

Immergroen



Kry onlangs die boek, "Immergroen, Stories oor plante" as 'n geskenk... en wat 'n boek vol woorde van Dave Pepler en beelde van Lien Botha wat betower!...

Een van die hoofstukke oor erikas se opskrif lei: "Voorste verleidsters" en begin met die volgende;

"Daar is 'n kliphuis op Suurvlakte. Om daar te kom, moet jy oor die Dom-en-Long pas ry na die verskuilde vallei bo Wolseley. En hier onder 'n been-oue kliphout, het ek altyd oor die middaguur kom rus.
Een helswarm Februarie-middag raak ek aan die slaap onder my boom en ek droom dat ek soos 'n insek in 'n plas heuning vassit en wriemel. Ek het wakkergeruk en mettertyd agtergekom die plaat pienk erikas om my het hul heuninggeur oor die biesieveld losgelaat."

No comments: