Monday, August 31, 2009

My passie en ek..







Saterdagoggend... my kop is vol woorde... ek dwaal op 'ingewing se pas' deur Stellenbosch... sommer so soos die gevoelente my lei ..

..by DorpStraatGallery plesierig geglimlag met die sien van Marike Prinsloo se kleiner werkies... Clare Menck se 'ou foto' gevoel paintings... Henk Serfontein se donker aand vulstasie paintings met lig wat uit die skilderye gloei na buite.. wat jou jou oe laat knip teen die gloed en weer .. en weer .. laat kyk...

My oe lag na binne toe.. met die raaksien van 'n paar Niel Jonker werke.. net vanoggend met die ry na S'bos herinner die berge.. wat nog slaap uit die oe vee in die betrokke weer my aan Niel se werk..

Langs La'fayette ontdek ek 'n ruimte gedeel deur 5 kunstenaars, "Art on 5".. daar makeer Karen Kieviet my pas vir oomblikke op 'n slag.. haar paletmes tegniek betree my gedagtegang tot daar by Donderdagaand se kunsklas waar ek my hand die 1ste keer aan 'n paletmes waag..

My hart klop vinniger...

In Era se winkelvenster bewonder ek veelkleurige reenstewels.. langsaan lok Milieu my binne met die onthou van vorige goeie ervarings..

Die bekende pannekoek plekkie laer af in die straat het plek gemaak vir "5 on Ryneveld".. binne vind ek 'n amperse Henk Serfontein ligkol met 'n sitbank.. 'n outydse vorm tafeltjie en ver'blou geraamde vrou teen die muur.. dis net ek hier binne.. meeste mense geniet die winterson-hitte buite.. die eet area oorkant het gesegdes teen die een muur en boeke teen die ander so random vasgeplak.. op die plafon is verskillende groottes letters gescatter..

Hier rus my hart 'n oomblik.. luuks .. het ek tyd om aan my ervarings van die oggend woorde te gee..

My geliefde laat weet dat sy kunsklas effe langer neem en ek 'muse' rigting Moederkerk.. ek maak fotos van die Dylan Lewis buffels voor 'n blou kerkvenster..

Onder in die pad wink 'Nest' se afgewitte geboutjie met helderkleurige snuisterye buite my nader.. 'n opgestopte hart kussing en draad voeltjies inspireer my vir huis toe gaan en self maak..

Oppad uit hul Deli loop ek Marlene van Niekerk raak.. ek giggel binne myself.. altyd vir my interesant hoe ons 'popster' Afrikaanse skrywers so ongemerk en doodgewoon hul lewe kan leef..

Later dwaal ek en my geliefde by die Slow food market rond en dis liefde met eerste opslag toe ek by 'Red Black and White' gallery daardie proteas van Johann Slee sien.. sy werke se eenvoud.. onderbeklemtoning van kleur.. en die grootte (1,3x1,2m) .. bring 'n kolk blydskap in my mee.. wat eers veel later die aand effe tot bedaring kom..

My passie het my aan die hand geneem en aan my plesier verskaf op 'n lente oggend laat in Augustus.

Thursday, August 27, 2009

'n harts-tog

my 3de painting..

Om iets waaroor jy al jare nuuskierig voel uiteindelik te ondersoek ..
te verken..
om langsamerhand..
verras te word met die 'nog meer' as wat jou kop gedink het..
die ontdek van al die inwikkelinge..
al die subtiliteite wat die totaal daarstel..
toe het jy net die geheel gesien met jou kop...
maar nou het jy van die fyner nuanses wat die geheel vorm met die hart beleef ...
daai 'met hart leef' ... dit voeg ongelooflike sielswaarde toe..
Hierdie prikkels van die siel..
dit wat hom so amper-amper ...
so net-net...
so soms vlugtig ...
visies gee sonder die beperkings van 'n liggaam...
sonder die beperkings van 'realiteit'..

Saturday, August 22, 2009

vlug


..ek wil gaan skuil in die gedempte kleure van 'n Andries Gouws skildery.. of halfpad ongeskilder wees soos in die painting van Karin Jurick... die suggestie van 'n vrou met 'n boek... iemand wat na 'n ander we^reld ontsnap... agter woorde soos "ek voel soos 'n skip/ wat le^ langs die kus/my toekoms wil reis/ my verlede wil rus" .... agter die woorde van Stef Bos wil ek gaan le^ en wegkruip van hierdie w^ereld... waar als so werklik en in jou gesig is... waar tyd ewig bly tik... waar droom en net-net wees... baie min plek het...

Tuesday, August 18, 2009

Viva Irma Stern!


Het die naweek diep onder die indruk van Irma se kuns,uit haar huis-museum in Rosebank gestap... Haar boldness vir kleur... en die neersit van die verf (en die los van elke kwashaar daar waar hy neergesit is!) ... inspireer my.
As jy iemand is met 'n oordrewe(baie sensitiewe) gevoel vir gevoelentes... dan kan jy haar net net ligvoets voor jou uit ervaar in haar woning... en ook in die weligheid van haar tuin...
Hierdie is iets wat jy vir jouself moet gaan kyk en beleef!
"The artist creates in order to free himself, only to find himself again in the end"
-Irma Stern, 3Sept1922

Monday, August 17, 2009

Afri-Frans

Hierdie skildery deur Stella Olivier is as die omslag ontwerp gebruik vir die CD 'Afri-Frans'.. 'n CD saamgestel deur Matthys Maree... woorde van bekende SA liedjies soos 'Al le^ die berge nog so blou', 'Huisie by die see', 'Liza se klavier' 'Wie weet?' (van Koos Dup) en nog meer... altesaam 13 is vertaal deur 'n Bloemfonteinse professor, Naomi Morgan en word gesing op eg Franse manier deur 'n Franse sangeres, Maud Myra.
Die Franse woorde is in die omslag boekie en dan weer die Afrikaanse vertalings hiervan... so pragtig!!
Op hierdie wonderlike manier steek Afrikaans we^reldgrense oor...

Saturday, August 01, 2009