Showing posts with label Lien Botha. Show all posts
Showing posts with label Lien Botha. Show all posts

Wednesday, December 16, 2009

Immergroen



Kry onlangs die boek, "Immergroen, Stories oor plante" as 'n geskenk... en wat 'n boek vol woorde van Dave Pepler en beelde van Lien Botha wat betower!...

Een van die hoofstukke oor erikas se opskrif lei: "Voorste verleidsters" en begin met die volgende;

"Daar is 'n kliphuis op Suurvlakte. Om daar te kom, moet jy oor die Dom-en-Long pas ry na die verskuilde vallei bo Wolseley. En hier onder 'n been-oue kliphout, het ek altyd oor die middaguur kom rus.
Een helswarm Februarie-middag raak ek aan die slaap onder my boom en ek droom dat ek soos 'n insek in 'n plas heuning vassit en wriemel. Ek het wakkergeruk en mettertyd agtergekom die plaat pienk erikas om my het hul heuninggeur oor die biesieveld losgelaat."

Monday, October 05, 2009

Lien Botha, die stilte en vygies...


Lien Botha… die vrou wat stilte afneem…(volgens ‘n onlangse artikel in Die Burger) word op ‘n besondere wyse verbeeld deur Hanneke Benade..

… “the knowledge that the visible world harbours a ghost; that that which is seen conceals as much as, if not more than, it reveals”… Ashraf Jamal oor Lien se werk

Op my soektog na inspirerende beelde vind ek in ‘n VISI tydskrif van verlede jaar ‘n vygie… soos afgeneem deur Lien Botha…

“Geduldig wag hul op reen, soms jare lank. Dan, as dit reen oor die ooptes, het jy ‘n vygiejaar. ‘n Week of wat na die reen kom die toegif. Wag vir ‘n windlose dag sonder wolke en gaan sit teen ‘n klip met ‘n uitsig oor die vlak. Vaal, vaal, vaal tot die middaguur en dan, plotseling, gebeur die mirakel. Tesame maak die blommetjies oop. Voor jou oe sien jy hoe kleur vloei van satyn na die flikkerglans van suiwer tinte”

”My voorstoep kry die son uit die weste en dit bak soos ‘n hoogoond. Op elke trappie het ek ‘n erdepotjie met ‘n vygie daarin, die bogrond toegepak met koffiekleurige spoelklippies. Soggens, as ek koffie drink op die boonste trap, bekyk ek hulle. Byna so immobiel soos fossiele staan hulle jaarlank tot daar skielik, oornag, ‘n blomknoppie verskyn. Daardie dag probeer ek tuisbly en wag tot die son tref, want ek weet dat die blom net vir my gaan bloei.”

“Uit dorheid en grint, teen middag, breek hul die lig.” Dave Pepler

Later in die artikel se^ Allan Davies; “Hoe gelukkig is ons nie in Afrikaans om ‘n woord soos ‘vygie’ te he^ nie. Teen die Engelse mond vol – die Latynse Mesembryanthermum – is dit mos nou soos ‘n druppel heuning op die tong: soet en vlugtig.”