Showing posts with label boek. Show all posts
Showing posts with label boek. Show all posts

Sunday, January 08, 2012

Lusmakerboek...


Het onlangs gehoor van Sonja Loots se nuwe boek, "Sirkusboere" en dit wat ek al daaroor weet  (wat nie veel is nie) maak my baie nuuskierig...  'n boek oor 'n opvoering van die Boereoorlog in St Louis, Amerika... klink tergelyketyd vreemd in onderwerp, maar ook vars en maak my dan nou baie nuuskierig.

Ek het in die week gehoor Joan Hambidge het 'n onderhoud met Sonja Loots oor hierdie boek op Leeskring op RSG.  Ek kon dit nie daardie tyd luister nie, maar het pas die link afgelaai en kan nie wag om te hoor waaroor dit gaan en hoe en vanwaar dit ontstaan het nie!
(ek sluit die link in - kliek net op "onderhoud" ;)  )