Sunday, January 08, 2012

Lusmakerboek...


Het onlangs gehoor van Sonja Loots se nuwe boek, "Sirkusboere" en dit wat ek al daaroor weet  (wat nie veel is nie) maak my baie nuuskierig...  'n boek oor 'n opvoering van die Boereoorlog in St Louis, Amerika... klink tergelyketyd vreemd in onderwerp, maar ook vars en maak my dan nou baie nuuskierig.

Ek het in die week gehoor Joan Hambidge het 'n onderhoud met Sonja Loots oor hierdie boek op Leeskring op RSG.  Ek kon dit nie daardie tyd luister nie, maar het pas die link afgelaai en kan nie wag om te hoor waaroor dit gaan en hoe en vanwaar dit ontstaan het nie!
(ek sluit die link in - kliek net op "onderhoud" ;)  )

2 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Haai daar, lank laas by jou geloer! (Sien allerhande mooi goed en sal weer moet kom kyk.)

Ek weet nie hoe dit werk nie, ek is baie geïnteresseerd in die geskiedenis van die boek, maar het nie lus om dit te lees nie! Ek het nie geskiedenis gehad nie en dink ek het in die boek As Almal Ver Is die eerste keer van die sirkusgeneraal gelees, maar toe ek nou die boek sien uitkom is ek net nie lus daarvoor nie! So rapporteer asb. terug as jy dit klaar gelees het.

Liezl said...

Ek is op die oomblik besig met Marlene van Niekerk se Sneeuslaper. Dis die interesantste boek waarin Marlene met haar unieke woorde die mooiste beelde optower van 'kunsfliek'-stories. Hierna takel ek vir Sirkusboere - ek sal defnitief laat weet hoe ek dit gevind het.