Showing posts with label gedig. Show all posts
Showing posts with label gedig. Show all posts

Saturday, September 12, 2009

'Onse' Breyten amper 70

Vanoggend met die sonnetjie wat hitte deur my skouerblaaie en rug laat sprei.. op 'n stoep van 'n restaurantjie in Stellenbosch.. betower groot gedeeltes van 'n artikel deur Willemien Brummer oor Breyten.. in die BY van vandag se 'Burger'.. my so dat daar ook 'n hitte opslaan wat sprei deur die hart..

Breyten skryf spesiaal vir die BY 'n gedig en ek haal 'n gedeelte daarvan aan;

Die najaarsdag

.. 'n lid het oor die maan se beenoog geskuif
soos 'n klou
in die najaar is voels stom en swaar
noord (weet hy) kam 'n bergreeks die luglyn
na die laaste hoogte voor 'n ander land
die huis is 'n kruik vol soet asem
van kamferfoelie en jasmyn
asof die melodie van geheuemusiek
en oor die werf sal vroee hitte
die warm reuk van die vyeboom sprei
sodat daardie mantel versier met rose
wat die vrou geplant het
die dou se klammigheid mag droog
wanneer son aanstons die mis verdamp..

Wednesday, September 09, 2009

Onder die invloed van woorde

..nog sterk onder die invloed van Carina Stander se woorde.. gisteraand tydens haar 2de digbundel bekendstelling in Cape to Cuba in Langstraat in die Kaap... deel ek die 1ste gedig in haar bundel, "Woud van nege en negentig vlerke":

Om op die rug van 'n donkie in die see te swem
om op die rug van 'n donkie in die see te swem
deur 'n land bo die wolke
oor landskappe van droom
'n pen soos 'n staf in die hand
om bloots op 'n esel oor 'n golf te galop
warrel in die hare
Stormmeeu op die skouer
se vlerk gesprei teen die strale
om saam met 'n hings deur see te ry
voorkop rug voetbrug gesout
teen die brand van blindwit branders
om borsdiep in 'n woord te toer
die walvis 'n inkvlek op blou papier
wanneer die Windmaker se asem
die water stadig roer
om veerlig te dryf
verse te skryf
die son 'n engelkop
vanaf 'n eselrug aanskou
om die heelal en hemel so dop te hou:
laat my reise voortaan eenvoudig wees