Friday, May 02, 2008

Exploring...

'n Amazing boek deur Lynne Perrella




Twee boeke is op die oomblik na aan my hart…

“The creative license” deur Danny Gregory
en
“Artists Journals and sketchbooks, exploring and creating personal pages” deur Lynne Perrella.

Om op verskeie maniere binne jouself te explore en dan dit wat jy ontdek op ‘n manier weer tegee, was nog altyd vir my fasinerend.

Die “Creative license”… leer my iets van stil word … stilsit(wat nogal moeilik is vir my!)… en regtig kyk totdat jy werklik sien, maar op ‘n ander manier… om tyd te spandeer en fyner te kyk… saammet dit ontwikkel ek ook sommer ‘n skill – om te leer om te teken.

“When my daughter was about seven years old, she asked me one day what I did at work. I told her I worked at the college – that my job was to teach people how to draw. She stared at me, incredulous, and said ‘You mean they forget?’” …Howard Ikemoto

In die “…creating personal pages” boek leer ek om na binne te kyk en om dit wat jy in jouself sien te kan weergee op amazing maniere…

“Art journals are something that we create for ourselves alone – not merely a self-indulgent activity, but something worthwhile, important, and vastly creative and self-revelatory. There is no pressure to make them “come out right”, and the time we give to creating our personal pages, finding our authentic voice, and letting it sing is time well spent. Silence you inner critic, and begin to think of your art journal as a companion, a muse, a soul mate.” …’n aanhaling uit “Artists journals & sketchbooks”

Monday, April 28, 2008

ek daag jou uit tot kreatiwiteit

'n Baba-vygie uit ons tuin

Be intensely, brilliantly, wonderfully creative.

This gift is something that only you can give yourself.

It is just a matter of will.
Let go of preconceptions.

Pure creativity is all around us.

Pure creation has no pause for harse self-judgment.

Creativity means seeing and feeling the world so vividly that you can put together connections and patterns that help to explain reality. It means you see the beauty in the world rather than trying to hide from it.


Friday, April 18, 2008

Sondagaand se moeg en se happiness


'n Tekening van die "French Toast Girl"
In 'n week se tyd...


gaan kyk local kuns... en 'n groot uitstalling...


wynproe saammet vriende - 'n lekker kuier aand...


werk 'n hele Sondag...


maak kos en gaan kuier by 'n vriendin...


kry 'n vriendin vir tee...


werk 'n 12 uur dag...


'n haarafspraak...


werk deur 'n nag...


slaap 'n halwe dag...


spandeer 'n aand saammet familie...


laat fotos print vir die kaartjies wat ek maak...


ontmoet my skoonouers vir tee...


begin met die maak van die kaartjies...


gaan na 'n Bon Voyage partytjie van 'n vriendin...


maak kaartjies...


kuier en eet saammet vriende...


ontbyt saammet familie...


koop klere saammet my sus...


maak nog kaartjies...


beleef 'n kerkdiens...


kuier saammet vriende...

Monday, April 07, 2008

om te lees


Pas klaar gelees: "Die lekkerste deel van dood wees" deur Harry Kalmer
Lees tans: "Veronica decides to die" deur Paulo Coelho
Snaaks hoe beide boeke gaan oor die dood(bloot 'toevallig')... maar dis wanneer jy begin dink oor die dood, dat jy die nodigheid van die viering van die lewe besef.

"ek self voel hoe ek weer asemhaal" ...woorde uit 'n skildery van Marianna Booyens




Monday, March 31, 2008

om myself te wees

Illustrasie deur die "French toast girl"

ek wil my identiteit en individualiteit vier
ek wil leer om te laat gaan...
ek wil wees... onvoorwaardelik myself wees
ek wil elke unieke krul en draai - van wie ek is - my samestelling - ek wil dit explore
ek wil wees sonder terughou
ek wil boldly droom - en my drome name gee
ek wil uitdrukking gee aan die wonders wat ek in myself ontdek deur die amazingness te erken van my passies - dit te vier en met ander te deel...
ek wil al die avenues van vrede explore... van naby my hou en van laat gaan...
ek wil onbevange - sonder grense - lag en rustig wees
ek wil die heeltyd bly leer en groei om beter in myself te pas

Friday, March 21, 2008

Nuwe Lewe

Alexa


Ek wens vir jou
nuwe beginne...
oor begin...
'n vrywees om nuut na jou lewe te kyk...
erkenning van dit wat jou al lankal pla...
die moed om te sê,
vandag begin ek oor...
vandag begin ek nuut...

Wednesday, March 19, 2008

Voedsel virri gees

Ons ontwerp vir ons hempies vir die jaar se KKNK


Een van hierdie dae gaan ons na dié Kunstefees in Oudtshoorn.


Wat 'n makietie!


Al jou sintuie word gebombardeer!... van 'n amazingness van visuele kunste... musiek in alle vorme... teater op sy beste... braaivleis geure... die voel en vat aan al die kreatiewe ware wat in die stalletjie paradys (van oor die land aangekom) verkoop word...


Dis 'n ware oordosis van kuns - wat jou so betower dat jy vir 'n paar dae totaal vergeet van werk, rekeninge betaal en al daai 'real life' stuff.


Om hierdie besonderse ervaring te kan deel met die mense naby aan jou is beslis die kersie op die koek!





Voedsel virri gees


Passie
kook woorde...


...dik dit aan
met emosie en gevoel


Stadig prut
die woord-emosie mengsel
met woorde wat
plek-plek letter-lik
boontoe skiet...


-spatsels teen die kant van die siel-


Geheime bestanddele
van-self
versigtig... stadig... bygevoeg.


Ons skep
die verdigte woord-gereg op,
in oomblikke van saam
om
passie se fees te vier.

Tuesday, March 18, 2008

Passie maak heel


Gisteraand bring dit waarvoor ek lief is, vir my 'n geskenk van heelheid.
Ons gaan kyk 'n kunsuitstalling van kalligrafie op verskillende mediums.
Omring deur hierdie pragtige kuns vind ek stukkies vrede en rus.
"When one connects with art it brings you to a place of insight within oneself."



Monday, March 17, 2008

Die groter prentjie?

Uit 'n Kulula-venstertjie, nou die dag

Hoe is dit dat iets klein wat pla, soms soos 'n berg voor jou kan lyk?
Hoe herwin mens weer die uitsig oor die groter prentjie?

Sekerlik nie deur moedeloosheid nie... maar dis waar ek is vandag!

Daar is sekerlik wysheid in die wees saammet die probleem, maar vandag
is ek gatvol "gewees"!

Moeg die probleem aanskou en soek vir wysheid.

Ek soek antwoorde!

...hoekom?... waarom?... wat as?...

Ek is moeg van "whatever" en aangaan.

Sunday, March 16, 2008

Passie

Muse '08 kunsuitstalling: Lien Botha geskilder deur Hanneke Benade

Thank you God

for placing my

fire-y passion

so close.

My cheeks

transcending the glow.

My hands feel

fire,

light,

energy

flowing through.

I walk closer...

I'm on Holy Ground.

Saturday, March 15, 2008

Meer as net 'n kamera

Tydens makrofotografie workshop

"For me, the camera is a sketchbook, an instrument of intuition and spontaneity, the master of the instant which, in visual terms, questions and decides simultaneously."

Henri Cartier-Bresson

Friday, March 14, 2008

To translate vision into reality

Tydens makroworkshop geneem

Vandag lees ek in 'n 2005 tydskrif raak wat ek in my vorige blog inskrywing ervaar het... Dit is net soveel mooier gestel!

"Willem Oets introduces the concept of conscious camerawork, explaining that technical skills and knowledge of artistic principles gradually form a fertile subconscious stream feeding into a photographer's artistry.
With practice it becomes instinctive, allowing immersion into the creative moment, free from entanglement with technicalities.
Then creative photography becomes a process of learning to look at the ordinary and the obvious and start seeing the extraordinary and the sublime, of moving from documenting a subject to interpreting its meaning and impact on your emotions"

Wednesday, March 12, 2008

To look until you see


Tydens makrofotografie workshop van Nicole Palmer

'n Rukkie terug woon ek 'n hele naweek workshop by oor makro-fotografie. Die "learning curve" is baie steil vir my. Dis 'n feit dat as jy 'n kuns wil probeer bemeester jy eerstens jou instrument baie goed moet ken!
Dis absolute konsentrasie om al die boeke-kennis in die praktyk toegepas te kry.

Ek leer dat om 'n kuns te probeer bemeester nie net bestaan uit 'n aantal stappe om by 'n gegewe einddoel uit te kom nie.
Dit verg BAIE herhaling wat uiteindelik sal ontwikkel in 'n aanvoeling.
Net deur doen, doen, doen en speel, speel, speel word 'n intuisie gebore.
'n Deurbraak tot 'n ander vlak.
Om die emosionele respons wat ek (my unieke belewenis) het tot 'n sekere onderwerp te kan weergee. Om my ondervinding van wat ek beleef weer te gee.
Dit verg baie geduld en 'n absolute liefde om dit was jou opgewonde maak te kan weergee.

"The first step in learning any skill is to relax. As long as you are worried, tense, or concerned about success, you are thinking about yourself - not about the skill you want to acquire" Freeman Patterson

Monday, March 03, 2008

Waar is die pad?


"The urge to get up - to travel, to follow the beckoning horizon, to leave oneself behind and thereby approach inner silences and spaces - that need must be as old as our awareness of mankind. Stopovers will be places of the imagination but also stations of survival: ..." - die 1ste reëls uit Breyten Breytenbach se 'A veil of footsteps'

Sunday, January 07, 2007

Om te kyk

"Cover Girl" from Freeman Patterson

Ontdek die naweek die wonderlike inspirerende fotografie van Freeman Patterson.

"For me there is a close connection between art and religion in the sense that both are concerned about questions of meaning -- if not about the meaning of existence generally, then certainly about the meaning of one's individual life and how a person relates to his or her total community/environment" freeman patterson

Monday, January 01, 2007

'n Nuwe Jaar begin...

Old Biscuit Market, Woodstock
'n Nuwe jaar begin... en my 'default setting' neem my dadelik terug na 'n eerlike, reguit-in-die-oë-kyk, realistiese kyk na my manier van lewe.

Ek weet wat my passies is en het al gedeeltelik baie van hulle nagejaag. Ek het al gevoel hoe dit is om nader te kom aan die leef van hierdie passies.

Nou wil ek op een of twee passies konsentreer en dit verder neem.

Ek het al hope boeke gekoop en gelees oor die kreatiewe proses, en ek het al lank al die gevoel dat lees en nogmaals lees hieroor, my net 'n tweede handse 'feeling' gee van die werklike najaag van jou drome.

Erens moet die 'doen' daarvan begin! en dis juis hier... waar my NuweJaarsvoorneme lê.... ....
self-dissipline!

"The willingness to do what is difficult is like having a key to a special private treasure room" Steve Pavlina

Wednesday, December 27, 2006

Passie


Nicole Palmer Photoshop day - haar studio Jonkershoek berg

Om in die teenwoordigheid van iemand te wees wat hul passie 'real' lewe, is amazing! Die amazingness kry intensheid by, as jy hierdie passie deel.

Stilte

Oomblikke
Oomblikke van stilte
Stilte
Stilte wat uitkring
Uitkring
Uitkring tot ver om my
Oomblikke
om my

Friday, November 24, 2006

Afrikaans

Sondagoggend mark
Afgelope Sondag het ons 'n oggend mark gaan besoek. Hierdie gereedskap het my laat dink aan hoe Afrikaans vir my is soos gereedskap waarmee ek die wêreld rondom my binne-kyk en ondersoek. Afrikaans is die manier waarop ek wat die wêreld na my kant toe bring probeer verwerk. Soms is my taal 'n skroewedraaier waarmee ek my issues oopdraai om binne in te verken... soms is my taal die maatband waarmee ek my ervarings meet... soms gebruik ek my taal as knyptang(soek die regte woorde om na die oppervlak te bring) soms as ek sukkel om 'n situasie te verstaan.

Wednesday, November 01, 2006

Art

Pic from VEO exhibition
"Art provides a way of handling life"
Kate Williamson