Wense van liefde, hoop en 'n geseende geloofs-ervaring vir hierdie Kerstyd,...en belewenisse van vreugde, eenvoud, passie en genade vir 2009!!
art from Gail Gwinn
Op 39 voel ek vry en geanker... vry van die hartseer van die verlede, vry van wat mense dink, vry om ten volle te ontdek wie ek is in al die uithoeke van my hart... geanker in my geliefde se hart, geanker in die uitleef van my passies, geanker in my familie en vriende se omgee, geanker in my God wat my daagliks verras op amazingly unieke maniere wat my 'wees' so perfek komplimenteer... ek voel vry deur die ankers van genade, vrede en liefde oral rondom my...

deur Elsabe Milandri
skets van Laureline
Beleef Saterdagoggend hierdie heer van die Afrikaanse taal... met die bekendstelling van sy nuutste digbundel, "Vlamsalmander".
In stede van verbeelding het ek jou gekry
'n Skets deur die French Toast Girl
Beleef hierdie 3 kunstenaars... Marieke Prinsloo(beeldhouer), Carina Stander(digter en kunstenaar) en Francois le Roux(musikale genius)... vanaand by die Breytenbach sentrum in Wellington... 'n wonderlike aand propvol passie wat weereens die vure van passie in my laat opvlam...
tekening deur Mati Rose
Foto deur Elaine
Marriana Booyens
Verf kleure deur die beweging van my kamera
Ek is baie opgewonde... is in die proses om 'n miniatuur klein besigheidjie aan die gang te kry... met my eie website en al! Daarna kom die promosie gedeelte wat ek ook so min of meer al bedink het... In die proses kom ek op Keri Smith se kreatiewe kyk na promosie af:
'n Tuinblommetjie
Ons afgelope Boekklub boek - regtig die moeitewerd!!